Ons berig breedvoerig oor president Ramaphosa en sy afvaardiging se besoek aan president Trump. Ons bespreek die begrotingsrede met 'n ekonoom.
--------
47:52
Monitor 21 Mei 2025
Politieke partye binne en buite die Regering van Nasionale Eenheid deel hulle verwagtinge vir die derde begroting. President Cyril Ramaphosa hoop vir 'n goeie uitkoms ná vandag se vergadering met sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump. Ons praat met die afrigter van die Pumas oor dié span se gereedheid vir die SA Beker-eindstryd.
--------
46:32
Monitor 20 Mei 2025
President Donald Trump sê Rusland en Oekraïne gaan onmiddellik begin met vredesonderhandelings, dalk met die hulp van die pous. Môre is die groot dag - hoe moet president Ramaphosa vir president Trump benader? Die 18-jarige gouemedalje-afloswenner, Leendert Koekemoer, praat oor sy toekomsplanne.
--------
49:09
Monitor 19 Mei 2025
Die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, verlaat Suid-Afrika amptelik op 'n vlug na Lagos. Solidariteit beplan 'n lasteraksiesaak teen die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni. Bittere koue word vir die Wes-Kaap én die binneland voorspel.
--------
45:38
Monitor 16 Mei 2025
Nóg Poetin, nóg Zelenski woon die eerste vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland in Turkye by. Duisende inwoners van Knysna is al byna twee weke sonder water. By NAMPO praat Udo Carelse met Graan SA en SAAI oor brandende kwessies.