
'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers
25/12/2025 | 54 mins.
Die “wonderwerk” in hierdie drama is gebasseer op 'n werklike gebeurtenis. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, 'n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief. Tannie Sara is ’n weduwee, Sy bedryf ‘n padwinkel wat groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, melk en eiers verkoop. Wilhelm, haar seun, help haar op die plot. Sy ideaal is om eendag sy ma te ondersteun. Hy is begaafd en wil graag gaan studeer met die bietjie geld wat hy en sy ma bymekaar kon maak. Marie is Sara se dogter, en hoog swanger. Wilhelm het nie een goeie woord vir sy suster en haar kêrel, Chrisjan nie. Chrisjan identifiseer homself as ‘n profeet wat gedurig die Woord voorhou as sy morele kompas. Hy sien ‘n eienaardige ooreenkoms tussen Marie se swangerskap en dié van Maria met die geboorte van Jesus. Hy en Marie is nie getroud nie, maar onderneem om die kind groot te maak asof hy die Messias is. Dis Oukersdag, ‘n boom word versier, kerse word aangesteek, en ‘n feesmaal word voorberei vir die klein Barnard-gesin en Chrisjan. Die karakters wens elk vir hulle eie wonderwerk, en dit is die katalisator wat ‘n wonderwerk vir almal laat gebeur. Vir sommiges goed en vir ander minder goed. Die spelers is Joanie Combrink, Mariechen Vosloo, Anrich Herbst, Dean Balie en Rolanda Marais. Johan Rademan is die regisseur.

PENDORING (EDMS) BEPERK deur Ampie van Straten
18/12/2025 | 46 mins.
Die eksentrieke kopieskrywer, Gert Klopper se passie, Afrikaans, wat hy liefderik as sy “meisie” beskryf, bots met konvensionele taalreëls. Sarie, ’n jong vrou wat by Gert kom werk, is geboei deur sy ongekunstelde, avontuurlike taalgebruik, en sy sjarmante uitlatings oor sy taalliefde én haar gemmerkoekies!. Hulle humoristiese en hartlike verhouding is die hooffokus van die verhaal. Die rolverdeling is Katinka Heyns, Matthys du Toit, Arno Kotze, Martie Lee, Paul Eloff, Francois Nel, Hennie Oosthuizen, Will Bernard, Francois de Bruin, Willie Pretorius, en Allewyn Lee. Roelf Jacobs het die regie behartig. Die klankbaan is opgeneem met ‘n lewendige orkes onder leiding van Theo Erasmus.

MISVERSTAND deur Anene Loots
11/12/2025 | 51 mins.
Elna probeer haar wankelrige huwelik red deur vir haar man, Bert, ‘n verrassingspartytjie te reël om sy 60ste te vier. Bert raak agterdogtig, en kom tot sy eie gevolgtrekkings... Die spelers is Joanie Combrinck, Albert Maritz, Nic de Jager en Ané Fourie. Thomas van Niekerk debuteer as regisseur.

VLUGVOOS deur Ronel Mostert
04/12/2025 | 52 mins.
Die weduwee Cumi was maar vir enkele maande met André getroud voor sy hom dood op die sitkamervloer aangetref het. Hulle het mekaar in Viëtnam ontmoet waar sy op vakansie was, en is ná ‘n blitsromanse getroud. Skielik is daar verskeie geheime wat nou op die lappe kom, soos dat haar oorlede man ‘n broer en ‘n ouma het waarvan sy nie geweet het nie. Hulle was ook nie van haar bestaan bewus nie. Sy weet ook nie eintlik wat André vir ‘n lewe gedoen het nie... En nou is sy die hoofverdagte in die moord. Wat het André weggesteek, en wat was die aard van sy transaksies in Viëtnam? Is Cumi so onskuldig soos wat sy voorgee? As sy nie die moord gepleeg het nie, wie het dan en hoekom? Die spelers is Juanita de Villiers, Mariëtte Engelen, Anton Engelen, Andreas Jordaan en Claudia Jones. Die regisseur is Ina Strydom.

VERMIS, OPHELIA deur Maria Vos
27/11/2025 | 52 mins.
Nella kuier op ’n klein kusdorp om haar ouers te help intrek, maar nadat sy met die uitpakslag ’n klompie glase breek, besluit haar ma sy wat Nella is moet eerder die plaaslike kerkbasaar se reëlings oorneem. Dié eenvoudige guns ontaard in ’n besonder stresvolle geleentheid toe ’n boer met die verkeerde soort skenking opdaag, en die buurdorp se oorbedrywige polisiesersant die kleinvee aan die stert beetkry. Met Lizelle Pike, Pietie Beyers, Elzette Maarschalk, Hannes Brümmer, Nana Stapelberg en DeWaal Stemmet. Juanita de Villiers het die regie behartig.



Radioteater